Die Ware Toets van Jou Evangelie

09.30.09

Post Page Rank

Die Ware Toets van Jou Evangelie

Elke persoon se geloof in die Evangelie word beïnvloed en gevorm deur hulle blootstelling daaraan, asook deur die vlak waartoe hulle verstand hernu is en ongelukkig ook deur die aardse tradisies waaraan hulle steeds vashou. [Mar 7:13 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het;]

Paulus die apostel, wat meeste van die Nuwe Testament geskryf het, het ‘n evangelie gepreek wat direk deur God aan hom geopenbaar is. [Gal 1:11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. 12 Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.] Hierdie evangelie staan bekend as die Evangelie van Genade.

[Act 20:24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
Gal 1:6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,
Phi 1:7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.
Act 14:3 Hulle het toe ‘n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.
Act 20:32 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ‘n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.]

Daar is ‘n vloedgolf van Genade wat ons planet op die oomblik tref, met miljoene en miljoene mense wat wakker word tot die waarheid dat ons nie geregverdig word deur wette te onderhou of om op te leef tot een of ander morele standaard nie, maar deur eenvoudig in Christus te glo. [Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.]

Net soos wat Paulus die apostel egter geprofeteer het in Gal 4, sal die mense wat in hierdie Evangelie van Genade glo, vervolg word deur diegene wat geregverdig wil word deur hulle eie werke. [Gal 4:29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is (Ismael die seun gebore uit die vlees, wat die werke van die wet verteenwoordig) hom wat na die Gees was (Isak die seun gebore uit die belofte, wat Genade verteenwoordig), vervolg het, so is dit nou ook.]

En hier is die ware toets vir die Evangelie van Genade: Indien die evangelie wat jy preek jou NIE in gevaar stel om misverstaan te word deur die “wet-onderhouers” nie (mense wat dink hulle vlak van geregtigheid word bepaal deur die vlak van hulle gehoorsaamheid aan die wet), in die feit dat hulle dalk mag dink jy sê dat mense net kan uitgaan en soveel sondig as wat hulle wil, dan preek jy nie Genade tot die ekstreem waarin Paulus dit gepreek het nie. Want ware genade lig die wet heeltemal van gelowiges af, inteendeel soveél so dat volgens die “wet-onderhouers” dit ons op meer maniere vrymaak as wat ons BEHOORT TE WEES. Hierdie mense glo dat die oomblik wat jy die wet van ‘n gelowige aflig, dat die gelowige sal uithardloop en net eenvoudig buite beheer sal gaan sondig en in allerlei slegthede sal verval. Maar hulle vergeet dat ons ‘n wedregebore Gees binne ons het WAT NIE SO WIL LEEF NIE!!

Paulus moes die Evangelie van Genade op dieselfde manier verdedig. Ons kan sien van die “vraag en antwoord – manier” waaarin groot dele van die boek van Romeine geskryf is, dat hy baie van die vrae wat die “wet-onderhouers” van sy dag na hom gegooi het, bestry het. Hulle het hom heel moontlik beskuldig daarvan dat hy aan die gelowiges gepreek het dat omdat hulle nie meer onder die wet is nie, hulle kon uitgaan en soveel sondig as wat hulle wou! Hier is Paulus se antwoord:

[Rom 3:8 En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
Rom 6:1Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Rom 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
Gal 5:13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.]

Daarom as Paulus, die kampioen apostel van die Nuwe Testament (wat die ware Evangelie van Genade gepreek het), die Evangelie moes verdedig teen hierdie aantuigings en deur die “wet-onderhouers” vervolg is omdat hy hierdie Evangelie gepreek het, dan moet ons verseker oorweeg dat iets dalk verkeerd is met ons Evangelie as dit NIE die “wet-onderhouers” van ons dag teen ons laat opstaan nie…

In Genade
Andre van der Merwe
www.newcovenantgrace.com/afrikaans

  • Share/Bookmark

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree