Soek Jy Vrede?

12.10.08

Post Page Rank

Soek Jy Vrede?
(Alle Bybel verse gekwoteer uit die Afrikaanse Ou Vertaling)

2 Pet 1:2 Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

Hierdie vers spel dit duidelik uit dat vrede na ons toe kom deur die kennis van Jesus, met ander woorde, deur Hom te ken. Vrede kom nie deur vir dit te bid nie. Hoe beter ons God ken, hoe meer sal Sy vrede in ons harte heers. Soos wat ons op Sy woord mediteer en tyd spandeer in Sy wonderlike teenwoordigheid, sal ons verstand begin dink aan hoe groot en magtig Hy is en hoe klein ons probleme eintlik is! Die sleutel is ons gedagtes.

Pro 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;

As jy oor jou slegte omstandighede tob, die heeltyd dink aan die slegste moontlike uitkoms en aanhou rondloop in ongeloof, moet daar iets fout wees met jou as jy NIE depressief raak nie!! Spreuke sê dat ‘n mens sal wees soos wat hy in sy hart dink. Wanneer jy dink aan ons groot God, jou gedagtes vul met Sy liefde, Sy beloftes en jouself verheug in Hom, sal dit nie lank wees voordat Sy Koninkryk joune binnedring nie, en saam met dit bring die hemel se voorrade insluitend genesing, verlossing, voorspoed en vreugde!

Dit is egter ‘n keuse. Ons moet KIES was ons oor dink. Ja ons kan ons gedagtes beheer:

Kol 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Ons moet God se vrede TOELAAT om in ons harte te heers, ons kan kies om dit nie te laat heers nie.

Geliefde, as jy depressief of terneergedruk is of jou lewe daagliks leef met bekommernis oor jou “onbeheerbare” omstandighede, onthou dit begin alles by jou gedagtes. Verander jou denke deur tyd in God se word te spandeer, en Hom te leer ken.

Jes 26:3 U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.

In Genade
Andre van der Merwe
www.NewCovenantGrace.com/Afrikaans

  • Share/Bookmark

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree