Hoekom Sondig Christene (Deel 2 – Eksterne Versoekings)

06.01.09

Post Page Rank

Hoekom sondig Christene? (Deel 2 – Eksterne Versoekings)

Hierdie boodskap is ‘n opvolg op ons vorige boodskap genaamd: Hoekom Sondig Christene? (Deel 1 – Onhernude Verstand)

Voorheen het ons vasgestel uit die Bybel dat wedergebore Christene nie meer ‘n sondige natuur het nie. Ons het ook gepraat oor 1 van die redes hoekom gelowiges, selfs al het hulle nie meer ‘n sondige natuur nie, steeds foute maak, naamlik as gevolg van ‘n onhernude verstand.

Baie mense het steeds die idee dat dat nadat Christene wedergebore is, het hulle steeds ‘n deel van daai ou sondige natuur binne hulle het, en dat hulle elke dag moet probeer om daardie natuur met sy sondige, slegte begeertes dood te maak, dit tand en nael te beveg, hopende dat dat hulle op een of ander manier ‘n plek sal bereik waar hulle goed genoeg was of opgetree het sodat hulle God met vrymoedigheid kan nader.

Mense wat dìt glo het gewoonlik moeilikheid om verse soos die volgende te verduidelik: Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word… 8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Hierdie verse sê duidelik ons het “gesterf”. Het jou liggaam gesterf? Nee. Het jou verstand (siel) gesterf? Nee. Maar iets het tòg gesterf! Dit was jou ou, sondige natuur! ‘n Ware, wedergebore Christen is nie meer “sondig” of sleg nie, want ons het ‘n 100% heilige en geregtige gees wat binne ons woon wat God WIL behaag in alles wat dit doen. Maar ons maak soms egter steeds foute in ons optrede as gevolg van ons verstand wat nog nie hernu is nie. Ons verstand was opgelei om te dink en te reageer op die manier wat dit doen deur jare en jare se se kondisionering en lyding onder die beheer van ons ou sondige natuur.

As Christene ‘n knoppie kon druk wat ons sou toelaat om onmiddelik op te hou sondig en in gehoorsaamheid te wandel 100% van die tyd, sou ons daai knoppie in ‘n oogwink druk. Die kinders van God WIL God behaag en hulle WIL gehoorsaam leef, want ons nuwe wedergebore gees het die begeerte om God te wil behaag. Maar somtyds wandel ons nie volgens die begeertes van hierdie wedergebore gees in ons nie, en ons maak foute. Maar ons kan met vertroue weet dat wanneer ons wel foute maak, daar altyd ‘n oorvloed van genade sal wees om daardie sonde te bedek. Rom 5:20 …en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;

God het geweet ons verstand sou nie binne ‘n oogwink hernu wees nie en dat ons altyd, tot die dag wanneer ons na Hom toe sou gaan in die hemel, altyd sou sukkel met een of ander vorm van sonde (of dit nou in ons verstand, gedagtepatrone of houding is), en daarom het Hy die “sonde-probleem” heeltemal uit die pad gevat aan die kruis deur Sy VOLLE toorn op Christus uit te giet. Jesus het die VOLLE gewig van ons sondes gedra.

 ‘n Tweede rede hoekom Christene aanhou sondig (selfs al het hulle nie meer ‘n sondige natuur nie), is as gevolg van eksterne versoekings. Versoekings is aanloklik vir ons verstand (siel), maar nie vir ons wedergebore gees nie. Die ligaam sal slegs volg soos ‘n slaaf agter watter een van hierdie twee ons ookal beheer gee. Gal 6:8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. Hierdie vers beteken eenvoudig dat wanneer ons onhernude verstand begeer na een of ander vleeslike ding en ons ons ligaam onderwerp aan hierdie begeerte, sal die liggaam ‘n slaaf wees van hierdie sonde en die aardse gevolge dra van hierdie oortreding. Ja AARDSE gevolge, want al die ewige gevolge (straf) was op die kruis uitgegiet. Maar wanneer ons volgens die begeertes wandel van ons wedergebore gees, sal die liggaam ‘n slaaf wees van geregtigheid en die voordele (tydelik en ewig) hiervan ontvang.

Nog ‘n baie goeie voordeel om volgens die begeertes van jou wedergebore gees te wandel is dat jou verstand (siel) hernu word. Die verstand kan geaffekteer en beïnvloed (opgevoed) word deur die wedergebore gees om gehoorsaamheid te leer, maar die gees kan nooit beïnvloed word deur die verstand (siel) nie omdat dit 100% geregtig en heilig gemaak is deur God, en nooit korrup kan word nie – dit is ‘n een-rigting straat. Ef 4:24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Maar die gees kan onderdruk word as ons kies om agter die begeertes van die vlees aan te loop. Dit kom alles neer op ‘n keuse. Maar die keuse is nie regtig so moeilik as ons die heerlike rykdom sien wat ons in Hom het nie (Ef 1:3), dat ons saam met Christus in die hemele sit (Ef 2:6), Sy liefdevolle teenwoordigheid op ons voel en om golf op golf van Sy Genade oor ons te voel spoel elke dag. Dankie Vader!!!!!!

 

In Genade Andre van der Merwe

www.NewCovenantGrace.com/afrikaans/

  • Share/Bookmark

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree