Geskei van die Wet
10.28.09
![]() |
Post Page Rank |
Geskei van die Wet
[Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra].
Hierdie vers sê dat ons gesterf het vir die Wet sodat ons kan vrugte dra. Dit impliseer dat as ons nie tot opsigte van die Wet gesterf het nie, dat ons nie vrugte kan dra nie. Wat is vrugte? Dit is die resultaat van die Heilige Gees wat deur ons leef (Gal 5:22-23), die eksterne manifestasies van Sy karakter, en nie ons eie pogings om “heilig” te probeer leef nie. In pleks van om die Heilige Gees deur ons te laat leef, onderdruk ons Hom wanneer ons God se goedkeuring probeer verdien deur ons pogings om die Ou Testamentiese Wette te gehoorsaam.
As kind is ek in ‘n baie konserwatiewe Christen huis grootgemaak, gemaak om elke Sondag kerk toe te gaan en Sondagskool by te woon (waarvoor ek terloops baie dankbaar is), maar ek het geleer om teenoor God te identifiseer op grond van my eie vlak van gehoorsaamheid. Vir ons finale jaar Sondagskool eksamen (kan jy glo dat so iets bestaan??) net voordat ons in die kerk “aangeneem” is, moes ons ‘n toets skryf wat onder andere ingesluit het dat ons die 10 gebooie woord vir woord moes neerskryf. Ek het die hoogste punt in die klas gekry met 98%, en ek het baie goed oor myself gevoel en gedink dat ek ‘n model Christen was. Maar net die volgende week het ek myself gevang dat ek onrein gedagtes gehad het en ek het die aand op my kniëe spandeer, gehuil en God gesmeek vir vergifnis, want nou was ek weer ‘n “slegte Christen”.
Hierdie is ‘n patroon in die lewe van meeste Christene wat onder die Wet leef: Die een week sal jy ‘n goeie week hê en voel dat jy nie te veel foute gemaak het nie en dat God tevrede is met jou. Maar dan sal jy jouself betrap dat jy daardie EEN ding doen wat jy hoog en laag gesweer het jy sal nooit weer doen nie, en jy is weer terug by die begin. Die Wet vereis ‘n vlak van gehoorsaamheid wat geen mens in staat is om te bereik nie, en soos ons almal weet is die straf vir ongehoorsaamheid die dood. En dit is waar Jesus inkom: Hy het ‘n sondelose lewe gelei, AL die vereistes van die Wet volbring en dit effektief beëindig (Matt 5:17-18). Jesus het die houvas van sonde vernietig (sonde wat bekragtig is deur die Wet) deur die gevolge / straf vir sonde heeltemal te verwyder. [1 Cor 15:56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet]. Hy het ons ook vrygemaak om sonder vrees vir straf ( 1 Joh 4:17-18) en vry van die krag van sonde te leef. [Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade].
Wanneer twee mense trou, sluit hulle ‘n verbond om getrou aan mekaar te bly totdat die dood hulle sou skei. Nou terug in die ou dae toe mense se woord steeds iets beteken het, kon ‘n verbond nie verbreek geword het behalwe deur die dood van een van die betrokke partye nie. Nou presies dieselfde geld vir ‘n verbond / eed / gelofte wat gemaak is deur God. Wanneer God ‘n verbond sluit, SAL dit in krag kom en geldig bly vir ewig. So toe God ‘n verbond gemaak het met Israel en aan hulle die 10 gebooie en die Ou Testamentiese Wet gegee het, was die enigste manier vir hulle om uit daardie verbond te kom om dit te vervul, of om te sterf as hulle dit breek. Nou let op die volgende: Jesus Christus het die Ou Testamentiese verbond volkome vervul (en AL die sëeninge ontvang vir perfekte gehoorsaamheid aan dit) en Hy het selfs verder gegaan en namens die mensdom gesterf want hulle kon nie hulle deel van die verbond nakom nie (Jesus het al die straf en vloeke vir ons ongehoorsaamheid ook gedra). Nou as dit nie liefde is nie, dan weet ek nie wat is nie…
Nou deur eenvoudig ons geloof in Christus te plaas, sterf ons ook vir die Wet (en al die vloeke vir ongehoorsaamheid) en word ons lewendig vir God (en deur Christus ontvang ons AL die sëeninge vir Christus se gehoorsaamheid – [Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus].
[Rom 7:1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? 2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. 3 Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie. 4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra].
[Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe].
Wanneer ons besef dat ons eintlik dood is vir die Ou Testamentiese Wet, sal ons ophou om teenoor God te probeer identifiseer op die basis van ons eie vlak van gehoorsaamheid, en Hom eenvoudig liefhê want Hy is ‘n goeie Pa. Verby is die dae van Moets en Moenies, van ons wat rondhardloop soos slawe en probeer om te voldoen aan die vereistes van die ou man / eggenoot van die Wet, wat ons rondklap en altyd meer en meer vereis! Ons leef in die dae van om getroud te wees met ons nuwe bruidegom, Jesus Christus, wat ons liefhêt want ons is Sy stralende bruid, Sy geliefde kerk!! Halleluja!!!!
In Genade
Andre van der Merwe

Dit beteken ons kan nadat ons deur die bloed van Jesus gered is wetteloos leef? Is dit nie juis wat Hy deur Sy kruisdood kom doen het nie; dit is om ons te kom red van ons sonde nie? Sonde is oortreding van die Wet (1 Joh 3:4). Sal ons nou meer sondig (die Wet oortree) sodat genade kan toeneem? Nee, se Paulus…stellig nie. (Rom 6:1-2) Wat van Joh 14:15,21 en Joh 15:10, Openb 14:12 en Openb 12:17. Wat van Mat 7:21. Wat is die wil van die Vader? Psa 40:8 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande. ‘n Wettelose Evangelie is kragteloos want dit speel reg in die hande van hasatan.
Hi Jacques
Dankie vir jou kommentaar op ons webwerf.
Op antwoord van jou vraag hier onder, die antwoord is NEE. Jesus se kruisdood is veels te waardevol vir ons om nou net te kan uitgaan en te leef soos ons wil. Paulus spreek ook hierteen in Rom 6:
[Rom 6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie].
Die boodskap van die evangelie gaan nie oor hoe ons veronderstel is om te verander en op te hou sondig nie – die boodskap van die evangelie handel oor hoe God die manier kom verander het hoe Hy teenoor die mensdom identifiseer: Nie meer volgens ons eie vlak van gehoorsaamheid nie, maar volgens Jesus se perfekte gehoorsaamheid namens ons. Ons oorwinning oor sonde is nie ons eie vermoe om minder te sondig nie, maar slegs op grond van ons geloof in die een wat ons kom vry maak het van die Wet:
[Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade].
Ons motivering om nou heilig te leef is nie meer om straf vry te spring nie, want daar is nie meer straf nie! God het Sy lat op Jesus se rug gebreek! As jy nog enigsins straf verwag, verstaan jy nie wat by die kruis gebeur het nie:
[1 Joh 4:17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. 18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie].
Die definisie van sonde verskil tusssen die Ou Testament en die Nuwe Testament:
Ou Testamentiese Sonde: Om die Wet te breek.
Nuwe Testamentiese Sonde: Ongeloof in Christus en self-geregtige pogings om ons eie redding te probeer verdien deur die Wet te probeer gehoorsaam. Lees gerus ons vorige boodskap oor of Christene nog onder die Wet is of nie:
http://www.newcovenantgrace.com/afrikaans/christene-onder-wet/
In Genade
Andre van der Merwe