Vergeef Om Vergewe Te Word?
08.24.10
Sonder om krities te probeer klink, bly dit steeds ‘n hartseer realiteit dat die Bybel Vereeniging besluit het om die Ou en Nuwe Testamente in een boek te kombineer. Hierdie enkele besluit is verantwoordelik vir wydverspreide misverstande en onsekerhede binne die linies van Christene regoor die wêreld. Baie van die skrywe in die Bybel voor die kruis beeld God uit as ‘n geharde, wrede Wese wat daarop uit is om mense te vernietig en te straf as hulle gewaag het om die morele kode te oortree wat verteenwoordig is deur die 10 Gebooie en die ander wette.
In teenstelling, na die kruis sien ons Paulus en die ander apostels ‘n boodskap preek van onvoorwaardelike liefde en genade aan almal wat hulle geloof in Christus plaas. In werklikheid, die manier hoe God teenoor mense identifiseer onder die Nuwe Verbond is so vêr verwyderd van die manier hoe Hy Israel onder die wet behandel het (onthou dit was ‘n resultaat van hulle eie aksies) dat dit nie eers vaagweg vergelyk kan word nie. Die reëls van die wedloop het verander en as ons probeer om volgens die ou reëls te hardloop terwyl ons in die nuwe wedloop hardloop, sal dit slegs onsekerheid, vrees en veroordeling veroorsaak. Ons sal kyk na een van hierdie veranderde reëls, naamlik hoe God die manier verander het hoe Hy mense vergewe en wat dit vir ons impliseer.
Sonder ‘n behoorlike begrip van die konteks van Sy woorde, klink dit of sekere van Jesus se stellings (voor die kruis) teenstrydig is met wat Paulus die apostel gepreek het (na die kruis).
Jesus het die volgende stellings gemaak: [Matt 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe] en op ‘n ander plek [Mark 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. 26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie]. Dit impliseer dat God se bereidheid en vermoë om ons te vergewe direk gekoppel is aan ons vermoë om ander te vergewe, wat beteken dat as ons ander nie vergewe nie, God ons ook nie sal vergewe nie. En natuurlik weet ons dat niemand hemel toe kan gaan as hulle sondes nie vergewe is nie… Vat ‘n oomblik en dink aan hierdie bogenoemde toneel: Dit het tot gevolg dat as ons selfs ‘n enkele druppel onvergifnis in ons harte het, selfs as dit nie intensioneel is nie, kan dit ons tot die hel veroordeel.
In teenstelling het Paulus die volgende stellings gemaak: [Ef 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het] en ook [Kol 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen]. Die apostel Johannes het ook sy stem by hierdie koor gevoeg deur te sê: [1 John 2:12 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil].
Voor die kruis (selfs toe Jesus al op aarde was) het die volk van Israel onder ‘n verskillende stel reëls geleef as wat ons nou het. Dit was die Ou Verbond genoem en dit het hoofsaaklik gestel dat God se getrouheid en Sy seëninge afhanklik was van Israel se vermoë om al die reëls te gehoorsaam. Indien hulle versuim het om te vergewe, te gehoorsaam, te offer, ens. sou hulle ook nie vergewe geword het nie en gestraf word vir hulle oortreedinge. Jesus het ook onder hierdie verbond geleef, wat grootliks uit die wette bestaan het wat aan Moses en Israel gegee is. [Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet]. Jesus het geweet Hy moes steeds hierdie ou stel reëls nakom sodat Hy Homself later kon gee as die perfekte offer vir alle oortredinge en die mensdom vrymaak van die eise van die ou reëls: [Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo]. Maar voordat Hy gekruisig is moes Hy steeds die ou reëls nakom.
Ons sondes het nie die kruis oorleef nie. Onder die Nuwe Verbond sien God dié wat in Hom glo as vlekkeloos en sonder blaam in Sy aangesig. Die skrywer van Hebreers het geskryf oor hoe gelowiges nie die eksterne reëls van die wet meer sou nodig hê nie, maar God se begeertes in hulle harte sou herken en al hulle sondes vergewe sou wees: [Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, 17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie].
[Kol 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het]. In die woordeboek beteken die woord “alle” presies wat die sê: ALLE. God het ons van alle sondes vergewe, wat beteken al ons sondes van die verlede, hede en ook in die toekoms. Nou die meeste predikers het nie ‘n probleem met die feit dat ons sondes van die verlede en selfs die hede vergewe is nie, maar hulle het ‘n groot probleem as iemand dit waag om te sê dat ons toekomstige sondes ook vergewe is, want dit impliseer dat ons ‘n lisensie gegee is om te sondig. God het egter aan Sy kinders die Heilige Gees gegee wat ons bekragtig om nie te wil wandel volgens vleeslike begeertes nie, maar om ‘n lewe te leef wat waardig is van die roeping wat aan ons gegee is!
Onder die Nuwe Verbond hoef ons nie ander te vergewe om self vergewe te word nie, soos ons sopas gesien het. Dit maak dit egter nie reg om in onvergifnis te wandel nie. In die antieke tye van die Romeine, wanneer ‘n persoon vermoor is, sou die dooie liggaam letterlik aan die moordenaar se liggaam vasgemaak word met toue en gelos word om te vrot. Die ontbindende vlees sou dan begin om die lewende vlees aan te tas met infeksie en vergiftiging en die moordenaar sou dan binne ‘n paar dae ‘n afgryslike dood sterf.
Wanneer ons aanstoot in ons harte ronddra, affekteer dit nie tot ‘n groot mate die person wat ons aanstoot gegee het nie. Dit eet egter aan ons soos ‘n kanker en dit is hoekom ons nodig het om te vergewe: vir ons eie beswil.
Ons laaste voorbeeld wys dat God dit selfs ‘n stap verder gevat het: Die enigste verskil tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige is dat die gelowige sy geloof in God se vergifnis geplaas het, met ander woorde hy het gekies om God se gratis geskenk van genade te ontvang. Die ongelowige is ook reeds vergewe, maar hy het dit nog nie aanvaar nie. Ons moet ‘n geskenk ontvang voordat dit ons eie word.
[2 Kor 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou].
Daar is twee duidelike groepe in hierdie vers, naamlik “ons” en “hulle”. God het deur Sy Seun alreeds die wêreld (“hulle”) met Homself versoen, wat beteken dat hy alreeds alles gedoen het van Sy kant af wat die mensdom ooit sal nodig hê om gered te word. Al wat oor is, is vir gelowiges (“ons”) om die goeie nuus uit te kry by “hulle” sodat waneer hulle dit hoor, hulle dit sal glo, God se vergifnis aanvaar en gered sal word.
Daar is geen limiet wat geplaas kan word op die volkomenheid van God se vergifnis nie. Elke donker geheim, van die kleinste tot by die mees afgryslike daad van geweld of wreedheid is alreeds deur die bloed van Jesus bedek. Kom ons begin om te lewe asof ons glo dat ons reeds vergewe is!
In Genade
Andre van der Merwe