Archive for the ‘Previous Messages’ Category

Vergeef Om Vergewe Te Word?

08.24.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Sonder om krities te probeer klink, bly dit steeds ‘n hartseer realiteit dat die Bybel Vereeniging besluit het om die Ou en Nuwe Testamente in een boek te kombineer. Hierdie enkele besluit is verantwoordelik vir wydverspreide misverstande en onsekerhede binne die linies van Christene regoor die wêreld. Baie van die skrywe in die Bybel voor die kruis beeld God uit as ‘n geharde, wrede Wese wat daarop uit is om mense te vernietig en te straf as hulle gewaag het om die morele kode te oortree wat verteenwoordig is deur die 10 Gebooie en die ander wette.

In teenstelling, na die kruis sien ons Paulus en die ander apostels ‘n boodskap preek van onvoorwaardelike liefde en genade aan almal wat hulle geloof in Christus plaas. In werklikheid, die manier hoe God teenoor mense identifiseer onder die Nuwe Verbond is so vêr verwyderd van die manier hoe Hy Israel onder die wet behandel het (onthou dit was ‘n resultaat van hulle eie aksies) dat dit nie eers vaagweg vergelyk kan word nie. Die reëls van die wedloop het verander en as ons probeer om volgens die ou reëls te hardloop terwyl ons in die nuwe wedloop hardloop, sal dit slegs onsekerheid, vrees en veroordeling veroorsaak. Ons sal kyk na een van hierdie veranderde reëls, naamlik hoe God die manier verander het hoe Hy mense vergewe en wat dit vir ons impliseer.

Sonder ‘n behoorlike begrip van die konteks van Sy woorde, klink dit of sekere van Jesus se stellings (voor die kruis) teenstrydig is met wat Paulus die apostel gepreek het (na die kruis).

Jesus het die volgende stellings gemaak: [Matt 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe] en op ‘n ander plek [Mark 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. 26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie]. Dit impliseer dat God se bereidheid en vermoë om ons te vergewe direk gekoppel is aan ons vermoë om ander te vergewe, wat beteken dat as ons ander nie vergewe nie, God ons ook nie sal vergewe nie. En natuurlik weet ons dat niemand hemel toe kan gaan as hulle sondes nie vergewe is nie… Vat ‘n oomblik en dink aan hierdie bogenoemde toneel: Dit het tot gevolg dat as ons selfs ‘n enkele druppel onvergifnis in ons harte het, selfs as dit nie intensioneel is nie, kan dit ons tot die hel veroordeel.

In teenstelling het Paulus die volgende stellings gemaak: [Ef 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het] en ook [Kol 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen]. Die apostel Johannes het ook sy stem by hierdie koor gevoeg deur te sê: [1 John 2:12 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil].

Voor die kruis (selfs toe Jesus al op aarde was) het die volk van Israel onder ‘n verskillende stel reëls geleef as wat ons nou het. Dit was die Ou Verbond genoem en dit het hoofsaaklik gestel dat God se getrouheid en Sy seëninge afhanklik was van Israel se vermoë om al die reëls te gehoorsaam. Indien hulle versuim het om te vergewe, te gehoorsaam, te offer, ens. sou hulle ook nie vergewe geword het nie en gestraf word vir hulle oortreedinge. Jesus het ook onder hierdie verbond geleef, wat grootliks uit die wette bestaan het wat aan Moses en Israel gegee is. [Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet]. Jesus het geweet Hy moes steeds hierdie ou stel reëls nakom sodat Hy Homself later kon gee as die perfekte offer vir alle oortredinge en die mensdom vrymaak van die eise van die ou reëls: [Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo]. Maar voordat Hy gekruisig is moes Hy steeds die ou reëls nakom.

Ons sondes het nie die kruis oorleef nie. Onder die Nuwe Verbond sien God dié wat in Hom glo as vlekkeloos en sonder blaam in Sy aangesig. Die skrywer van Hebreers het geskryf oor hoe gelowiges nie die eksterne reëls van die wet meer sou nodig hê nie, maar God se begeertes in hulle harte sou herken en al hulle sondes vergewe sou wees: [Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, 17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie].

[Kol 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het]. In die woordeboek beteken die woord “alle” presies wat die sê: ALLE. God het ons van alle sondes vergewe, wat beteken al ons sondes van die verlede, hede en ook in die toekoms. Nou die meeste predikers het nie ‘n probleem met die feit dat ons sondes van die verlede en selfs die hede vergewe is nie, maar hulle het ‘n groot probleem as iemand dit waag om te sê dat ons toekomstige sondes ook vergewe is, want dit impliseer dat ons ‘n lisensie gegee is om te sondig. God het egter aan Sy kinders die Heilige Gees gegee wat ons bekragtig om nie te wil wandel volgens vleeslike begeertes nie, maar om ‘n lewe te leef wat waardig is van die roeping wat aan ons gegee is!

Onder die Nuwe Verbond hoef ons nie ander te vergewe om self vergewe te word nie, soos ons sopas gesien het. Dit maak dit egter nie reg om in onvergifnis te wandel nie. In die antieke tye van die Romeine, wanneer ‘n persoon vermoor is, sou die dooie liggaam letterlik aan die moordenaar se liggaam vasgemaak word met toue en gelos word om te vrot. Die ontbindende vlees sou dan begin om die lewende vlees aan te tas met infeksie en vergiftiging en die moordenaar sou dan binne ‘n paar dae ‘n afgryslike dood sterf.

Wanneer ons aanstoot in ons harte ronddra, affekteer dit nie tot ‘n groot mate die person wat ons aanstoot gegee het nie. Dit eet egter aan ons soos ‘n kanker en dit is hoekom ons nodig het om te vergewe: vir ons eie beswil.

Ons laaste voorbeeld wys dat God dit selfs ‘n stap verder gevat het: Die enigste verskil tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige is dat die gelowige sy geloof in God se vergifnis geplaas het, met ander woorde hy het gekies om God se gratis geskenk van genade te ontvang. Die ongelowige is ook reeds vergewe, maar hy het dit nog nie aanvaar nie. Ons moet ‘n geskenk ontvang voordat dit ons eie word.

[2 Kor 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou].

Daar is twee duidelike groepe in hierdie vers, naamlik “ons” en “hulle”. God het deur Sy Seun alreeds die wêreld (“hulle”) met Homself versoen, wat beteken dat hy alreeds alles gedoen het van Sy kant af wat die mensdom ooit sal nodig hê om gered te word. Al wat oor is, is vir gelowiges (“ons”) om die goeie nuus uit te kry by “hulle” sodat waneer hulle dit hoor, hulle dit sal glo, God se vergifnis aanvaar en gered sal word.

Daar is geen limiet wat geplaas kan word op die volkomenheid van God se vergifnis nie. Elke donker geheim, van die kleinste tot by die mees afgryslike daad van geweld of wreedheid is alreeds deur die bloed van Jesus bedek. Kom ons begin om te lewe asof ons glo dat ons reeds vergewe is!

In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Die Doel Van Die Nuwe Verbond

07.21.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

DIE DOEL VAN DIE NUWE VERBOND

Die hoofdoel van die Nuwe Verbond was nie vir God om die mensdom se eksterne optrede te kom verander nie; die primêre doel was  dat God die manier kom verander het hoe Hy teenoor die mensdom identifiseer, wat sou lei tot ‘n spontane verandering in mense se optrede deurdat hulle openbaring ontvang van God se groot en oneindigende liefde vir hulle.

Onder die Ou Verbond het God mense aangespreek op grond van hulle optrede, naamlik hulle vlak van gehoorsaamheid aan die wet. Onder hierdie sisteem het God mense  geoordeel op die basis van hulle werke. Mense is gestraf en vervloek wanneer hulle die wet gebreek het.
Maar toe kom die Nuwe Verbond en God het met die interne probleem afgereken, naamlik die mensdom se gevalle, sondige natuur. Dié wat hulle geloof in Christus geplaas het, is van die binnekant af verander: God het aan hulle die einste natuur van Sy Seun, Jesus Christus, gegee. Hy het ook die perfekte gehoorsaamheid van Christus aan hulle toegeëien.

Die gelowige se ou, sondige natuur is saam met Christus gekruisig [Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie] en hulle gees is 100% geregtig gemaak: [2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.].

Dít is nou die manier hoe God gelowiges sien: sonder blaam en volkome heilig in Sy aangesig: [Kol 1:21 Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen 22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel].

Voordat ons wedergebore is, was ons vyande van God en ons was verwyder van Hom op twee maniere:

1)       Ons het ‘n sondige natuur binne-in ons gehad waarvan ons slawe was. Ons het agter elke slegte ding aangehardloop om hierdie sondige natuur se behoeftes te bevredig: [Ef 2:3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander]. Ons was ook lewend vir sonde (a.g.v. ons sondige natuur) en dood teenoor God.

2)       Ons was onderworpe aan die wet, wat ons uit en uit veroordeel het en ons gewys het net hoé sondig ons is: [Rom 3:19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde].

Maar Rom 6:6-7 (bo) sê dat ons nou dood geword het vir sonde. Ons het vriende van God geword en ons is ook verenig met Hom in twee maniere:

1)       Ons sondige natuur is gekruisig saam met Christus en ons gees lewend gemaak teenoor God; met ander woorde: ons is wedergebore. Die perfekte geregtigheid van Jesus Christus is aan ons toegeëien en al die voordele en seëninge van Sy gehoorsaamheid is aan ons toegewys as gevolg van ons geloof in Hom: [Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe].

2)       Die wet is gekanselleer en vasgenael aan die kruis saam met Jesus [Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael] en God identifiseer nou teenoor gelowiges op grond van die gehoorsaamheid van Christus. God tel nie hulle sondes teen hulle nie, maar verheug Homself instede oor hulle met die liefde en passie van ‘n trotse Vader. Nou sien God ons nie net asof ons nog nooit gesondig het nie – Hy sien ons asof ons al die wette ons hele lewe lank perfek gehoorsaam het!

Maar hoe kan al hierdie dinge waar wees as geen van ons dit ooit kon verdien om ‘n geskenk soos hierdie gegee te word nie? Dit presies dit: Niemand verdien genade nie. Dit is ‘n gratis geskenk van God wat gegee word aan dié wat in Hom glo. As ons ooit instaat was om dit te verdien, sou dit mos nie meer ‘n “geskenk” genoem word nie?

[Ef 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God].

In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Nader God Met Vertroue

06.25.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Nader God Met Vertroue

Nadat Hy ons geklee het met ‘n vlekkelose mantel van geregtigheid, wil God nie hê dat ons meer bewus moet wees van ons sondes, soos die mense onder die Ou Testament was nie. Om te probeer om volgens die vereistes van die Wet te leef sal ons altyd al te bewus maak van hoe sleg ons eintlik teen dit opmeet. Die enigste manier vir gelowiges om vertroue en vrymoedigheid te hê as ons tot God nader is om absoluut oortuig te wees dat al ons sondes vergewe is! Enige iets minder sal altyd ‘n spoor van onsekerheid laat oor of God regtig lief vir ons is en ons wil seen. God wil hê ons moet bewus wees van ons geregtigheid. Wanneer ons Hom gedurig vertel hoe jammer ons vir hierdie en daardie sonde is, herinner ons onsself oor hoe sleg ons dink ons is en vergeet ons dat al ons sondes meer as 2000 gelde aan die kruis vergewe is!

Die skrywer van Hebreërs wou dieselfde vrymoedigheid in sy lesers aanwakker deur hulle te wys hoe die Nuwe Verbond wat uitstyg bo die Ou Verbond, die gelowige toelaat om God te nader met vrymoedigheid, nie omdat hulle in hul eie vlak van gehoorsaamheid aan die Wet vertrou nie, maar instede in die bloed van Christus. Diégene wat God probeer beïndruk deur hulle eie pogings tot wetsonderhouding is soos die priesters onder die Ou Verbond wat konstant bewus gebly het van hulle foute, want geen mens was of is ooit in staat om die vereistes van die Wet volmaak na te kom nie:

[Heb 10: 1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. 2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. 3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; 4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem].

[Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God 13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. 14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word].

[Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, 22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou].

Watter van die volgende houdings sou Christus eerder wou hê ons moet mee rondloop: Om veroorldeeld, onwaardig en skuldig te voel, smekend op ons kniëe voor Hom rond te kruip en gedurig vir genade te smeek? Terselfde tyd sonder enige vrymoedigheid om Hom te nader omdat ons voel ons is sondaars? Of sou God eerder wou gehad het dat ons bewus moet wees van die feit dat ons volkome vergewe is van alle sondes (in ons verlede, hede en toekoms), ten volle aanvaar en geliefd is deur Hom, verstaan hoe ons geregverdig is en geregtig gemaak is en outoriteit gegee is oor siekte, armoede en alle ander vyande van God?

Ons is selfs in die hemele saam met Christus gesete! [Ef 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus]. Nou hoe kan ‘n gelowige wat in die hemel sit steeds dink hy is ‘n sondaar? Dit kan slegs gebeur wanneer ons probeer om teenoor God te identifiseer op grond van hoe goed ons opgetree het; deur te vergeet dat dit nie die manier is hoe Hy teenoor ons identifiseer nie. God is ‘n Gees en Hy identifiseer Gees tot Gees. En omdat die Gees van ‘n gelowige heilig, perfek, rein en regverdig gemaak is, is dit die manier hoe God ons sien.

In Matt 3 sien ons hoe Jesus gedoop word in die Jordaanrivier. Dit was voordat Hy enige wonderwerke gedoen het, voordat Hy sy bediening begin het en voordat Hy selfs ‘n enkele persoon genees het. Nadat Hy gedoop is het die hemele oopgegaan, die Gees het soos ‘n duif op Hom neergedaal en die Vader het gesê “Dit is My geliefde Seun in wie ek ‘n welbehae het”. Wat hierdie gebeurtenis so wonderlik maak is die feit dat Jesus aanvaar en geliefd was deur God nog voordat Hy een wonderwerk gedoen het of Sy bediening begin het. Hoekom het God Hom dan toé al so liefgehad? Want Jesus was God se Seun – so eenvoudig soos dit.

Die Bybel vertel ons ook oor en oor dat ons God se kinders is as gevolg van ons geloof in Christus. [Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is]. Inteendeel ons word selfs Seuns genoem, net soos Jesus: [2 Kor 6:18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige]. Nou as God vir Jesus liefgehad het op daardie stadium buiten die feit dat  Hy nog geen wonderwerke gedoen het nie, nog nie ‘n bediening gehad het of selfs een preek gepreek het nie, sal God (omdat Hy dieselfde is vir altyd) ons nie ook dieselfde lief hê nie? Ons kan daarom, selfs al voel ons nie of Hy lief is vir ons nie, selfs al dink ons dat ons die grootste sonde gepleeg het of ons dalk voel dat ons ons lewens met nuttelose aktiwiteite gemors het, vetrou dat God verheug is oor ons as gevolg van ons identiteit: Ons is Sy geliefde kinders, gekoop met die kosbaarste kommoditeit in die heelal: die bloed van Christus: [1 Pet 1:18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos]. God is lief vir ons, of ons nou wonderwerke doen of ‘n bediening het, OF NIE.
In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Verslaan Die duiwel

06.11.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Verslaan Die duiwel

Deur Adam se onderwerping aan satan, het hy ‘n slaaf geword van satan se planne en het deur implikasie vir satan toegelaat om die heerser van die wêreld te word. Dit waardeur ons onsself laat oorkom, word ons meester: [2 Pet 2:19b want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword] en ook [Rom 6:16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?].

Dit is hoe satan dit reggekry het om in die Hemel voor God te staan in die boek van Job: [Job 1:6 En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het]. Adam was ‘n seun van God, maar deur sy daad van ongehoorsaamheid het hy daardie posisie van outoriteit aan satan oorgehandig, wat wettiglik die heerser van hierdie wêreld geword het, soos selfs erken deur Jesus: [Joh 14:30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie].

Die duiwel het dieselfde taktiek probeer met Jesus as met Adam. Onthou hoe satan vir Adam en Eva laat bevraagteken het of hulle regtig soos God was, terwyl hulle in werklikheid reeds in God se beeld geskape was? [Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken]. Op presies dieselfde manier het satan vir Jesus gevra of Hy die Seun van God was tydens Sy 40 dae in die woestyn. Maar in teenstelling met Adam, het Jesus geweet wie Hy is en wat op die spel was. Hy het geweet dat hy gekom het om die satan te stroop van sy outoriteit as heerser van die wêreld, Omdat satan die heerser van die aarde se koninkryke was, kon satan wettiglik vir Jesus versoek om hom te aanbid en Hom die koninkryke van die aarde aanbied as belonging: [Luk 4: Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 7 As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort]. Deur Adam se ongehoorsaamheid het satan die prins van hierdie wêreld geword en die koninkryke van die wêreld was wettiglik syne om weg te gee.

Maar nadat Jesus Christus die duiwel verslaan het by die kruis en hom gestroop het van sy outoriteit, het God die mens weer aangestel tot die hoogste posisie as heerser van die aarde (die posisie wat deur Adam verloor is) en ook aan gelowiges die mag gegee om op satan en sy demone te trap: [Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie]. Hy het selfs so vêr gegaan as om die duiwel en sy demone in ‘n vernederende manier voor hulle vyande te paradeer: [Kol 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het]. Deur Jesus se offer, gehoorsaamheid en uiteindelike dood het Hy gedoen wat Adam nagelaat het om te doen: Hy het die bose oorwin en oor die aarde geheers, dit opgepas en onderwerp op die manier wat God aan Adam beveel het om te doen (Gen 1:28). Jesus Christus het die werke van die duiwel vernietig sovêr as wat Hy gegaan het. Hy het siekes genees, dooies opgewek, duiwels uitgedryf en in mense se fiseise behoeftes voorsien (soos deur kos te vermeerder, belasting-geld te verkry uit ‘n vis se mond, ens). Hy het aan ons kom wys as ‘n normale mens hoe dit kan lyk om ‘n lewe te leef wat ten volle onderwerp is aan die Heilige Gees. Buiten die feit dat Hy uit ‘n maagd gebore is, het Jesus geen ander voordele gehad bo enige ander gelowige nie. Alles wat Hy gedoen het, al die tekens en wonders, het Hy geodoen as ‘n normale man deur die krag van die Heilige Gees, net soos ons: [Fil 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis]. Jesus het die laaste Adam geword, die Een wat die mensdom se verlore outoriteit herstel het en God se kinders gerestoreer het to onverhinderde, ongebroke gemeenskap met die Vader. Dood het ingekom deur Adam se ongehoorsaamheid, maar lewe het gekom deur Christus se gehoorsaamheid: [1 Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word] en ook [Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word].

Nou dit laat natuurlik die volgende vraag opkom: As die vyand verslaan is, hoekom veroorsaak hy steeds so baie rampe en moeilikheid in die wêreld? Hoekom is daar soveel oorloë en siektes; hoekom al die geweld en armoede? Hoekom sterf en ly mense by die miljoene elke dag? Want net soos eerste Adam, doen ons nie ons werk behoorlik om oor die aarde te heers en dit op te pas nie. Die duiwel is meer as 2000 jaar gelede van sy outoriteit gestroop en die enigste krag wat hy huidiglik het is boonop nog onwettig ook. Die duiwel kan slegs wegkom met wat ons hom toelaat om mee weg te kom. Hy doen himself voor as ‘n intimiderende en kragtige opponent terwyl hy in werklikheid geen reg het om te steel, te slag en te verwoes nie! Dit is hoekom dit so eenvoudig is om demone en siektes uit mense se liggame te verwyder, want die geloof-vervulde noem van die Naam wat hulle oorwin het is genoeg om hulle te laat beef en onmiddelik die hasepad te laat kies.

Nog ‘n belangrike faktor is dat God nie Sy wil op die mensdom afdwing nie. Net soos enige liefdesverhouding tussen twee mense slegs werklik mooi kan wees wanneer dit bestaan as gevolg van die vrye wil van beide parteie, op dieselfde manier soek God ons toenadering vanuit ons eie vrye wil. Hy het nie robotte of marionette geskape om te beheer nie. As God regtig vir Adam wou stop om die vrug te eet in die Tuin van Eden, kon die Gees van God in Adam maklik die vrug uit sy hand geklap het. Maar dit sou God se toelaatbare wil oortree wat die mensdom toelaat om sy eie besluite te maak.

Dit is daarom eenvoudig om te sien dat God op Sy kinders staatmaak om Sy koninkryk uit te brei in die aarde – ons is Sy hande en voete! Laat ons daarom die verantwoordelikheid opneem wat aan ons gegee is en oor die aarde heers soos wat ons veronderstel is om te doen. Kom ons stop hierdie verslane teenstander in sy spore en doen weg met die lyding en kwaad wat hy veroorsaak. Christus in ons, die hoop van heerlikheid!

In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Die Oorsprong Van Die duiwel

05.28.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Let asseblief op dat ons aspris die satan se naam met ‘n klein “s” gespel het (selfs aan die begin van sinne, maar nie binne gekwoteerde Bybel verse nie) omdat ons hom nie enige respek wil betoon of sy belangrikheid enigsins meer wil beklemtoon as wat ons hoef te doen nie. Dit is nie te sê dat ons onbewus is van sy planne nie, want ons het hom al gesien steel, slag en verwoes in die lewens van miljoene mense in die wêreld. Hy sal egter leer om sy plek te ken in ons lewens en die lewens van diegene wat hulle geregtige plek wil opneem as ware seuns van God, volgens die volgende vers: [Rom 16:20a En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel].


Die Oorsprong Van Die duiwel

Die duiwel (lucifer) was geskep as die hoof engel (gerub) van musiek in die Hemel en hy het daardie posisie beklee totdat ongeregtigheid in hom te vinde was. Toe die profeet Esegiël oor die koning van Tirus geskryf het, het hy eintlik verwys na satan – hierdie was ‘n tipe van beeldspraak wat gebruik is om van iemand te praat terwyl daar eintlik na ‘n ander person verwys word. Ons weet dat Esegiël besig was om van die duiwel te praat, want behalwe vir God, was daar net 3 ander mense in die Tuin van Eden: Adam, Eva en satan wat deur die slang gepraat het (sien vers 13 onder): Let op hoe mooi lucifer geskep was:

[Esegiel 28:12 Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. 13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! 17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. 19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie].

Lucifer (wat “Engel van Lig”) beteken het korrup geword as gevolg van sy eie skoonheid en hy het vol trots geword (sien weer v. 17 bo). Deur een of ander vorm van kundige onderhandeling of plan (daarom wys v. 15 en v. 18 uit dat hy besig was om “handel te dryf”) het hy dit vermag om ongeveer ‘n derde van die engele in die hemel te ook beïnvloed. En omdat sonde nie in die Hemel kan bestaan nie is hy uitgewerp en hierdie engele saam met hom.

[Openb 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp].

Die duiwel was nou die heerser van die aarde, omdat dit die plek was waarheen hy neergewerp is. Toe het God die mens geskep, hom ook op die aarde geplaas en hom die bevel gegee om die Tuin van Eden te bewerk en dit op te pas. [Gen 2:15 Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak]. Waarteen moes die mens die tuin oppas, want die leeu en die lam het toe nog saamgewei? Teen die satan natuurlik! Die satan het oor die aarde geheers tot op daardie stadium, maar nou het God die mens op die aarde geplaas om in satan se plek te heers: [Gen 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip]. Dus as gevolg van God se bevel was die mens die wettige heerser oor die aarde.

Dan lees ons hoe deur Adam se nalatigheid om behoorlik te heers, hoe satan dit reggekry het om die lyf van ‘n slang te gebruik om Eva te mislei, en sy daarna ook vir Adam mislei het. Die satan het hulle laat glo dat hulle soos God sou word as hulle van die vrugte eet, en dit terwyl hulle eintlik alreeds soos God was! [Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape]. Hulle was ook gevul met die Heilige Gees [Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword] en was met God se glorie beklee tot die mate dat hulle nie eers besef het hulle is naak nie. Nadat hulle van die vrug geëet het, het hulle agtergekom dat hulle naak was – eintlik het hulle maar net agtergekom dat God se glorie, wat hulle voorheen bedek het, gelig het – wat regtig beteken dat hulle geestelik gesterf het. Deur hierdie enkele daad van ongehoorsaamheid het Adam die hele mensdom in sonde gedompel en omdat die hele mensdom se saad op daardie stadium nog ín Adam was, sou elke mens wat uit Adam gebore sou word nou met ‘n sondige natuur gebore word. [Rom 5:12a Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood…].

Dt is die rede waarom dit nodig was vir Jesus om uit ‘n maagd gebore te word – sodat Hy nie die sondige natuur sou beëerf wat van generasie na generasie oorgedra is sedert Adam nie. Instede is Jesus deur die Heilige Gees gebaar deur God se eie saad. Hierdie is dieselfde saad wat aan ons gegee word wanneer ons wedergebore word: [1 Pet 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly].
In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Job

05.16.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Job

Hierdie misverstane boek in die Bybel is in die verlede die oorsaak gewees vir baie blaam om op God te val vir die feit dat Hy siektes, armoede, verdriet, dood en lyding veroorsaak. Inteendeel, dit is amper vreemd as’n Christen nie een of ander tyd in hul lewe vir God die skuld gegee het vir iets slegs wat met hulle gebeur het nie en gedink het: “As Hy dit met Job kon laat gebeur het, kan Hy dit met my ook laat gebeur”.

Volgens sommige teoloëe is Job moontlik die oudste boek in die Bybel, geskryf selfs voordat Moses Genesis tot Deuternomeum geskryf het. Job was ‘n opregte en Godvresende man: [Job 1:1 Daar was ‘n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad]. Omdat die 10 Gebooie en die Wet nog nie ingestel was nie, was daar geen standaard van heiligheid om teen te prober opmeet nie en Job het ope toegang tot God se teenwoordigheid gehad. En toe op ‘n dag gebeur die volgende: [Job 1:6-7 En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het]. Hoe het Satan dit ooit reggekry om in die Hemel te kom en homself voor God te laat staan? Hierdie is ‘n onderwerp wat ons in diepte na sal kyk in ons volgende boodskap.

Die punt is, selfs as satan dit kon regkry om op ‘n stadium in die Hemel voor God te staan, kan hy dit nie meer doen nie. Kort nadat Jesus die 70 dissipels uitgestuur het, het hulle na Hom toe teruggekeer, verheug dat selfs demone aan Sy naam onderworpe was: [Luk 10:17 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. 18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val]. Satan was (weer) op daai dag uit die Hemel gewerp! Hy het nie langer enige reg gehad om voor God te staan en die mensdom van enige iets te beskuldig nie! Daarom hoef ons nie te vrees dat satan meer enige slegte optrede aan God kan rapporteer nie. Dit is alles vergewe aan die kruis.

Tydens die periode wat satan probeer het om vir Job te vernietig, is dinge selfs erger gemaak deur Job se vriende wat met hom kom praat het en probeer het om hulle “wysheid” te deel. Ons het gesien in Job 1:1 (bo) dat Job ‘n geregtige man was, maar nou het Élifas hom daarvan beskuldig dat hy sondig was en dat sy lyding as gevolg van sy ongeregtighid was. [Job 4:7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg? 8 Volgens wat ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit].

Job homself het ook vir God van ‘n paar wilde dinge beskuldig: [Job 9:30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog, 31 dan sou U my in ‘n poel indompel, sodat my klere van my ‘n afsku kry. 32 Want Hy is nie ‘n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie. 33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie. 34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie]. Job eis dat dit God is wat besig is om hom dood te maak: [Job 13:15a Kyk, al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom].

Op die ou end, nadat dinge in sirkels gegaan het en die saak selfs meer gekompliseerd is deur Job se drie vriende, tree God in en praat met Job vanuit ‘n storm: [Job 38:1Daarna het die HERE Job uit ‘n storm geantwoord en gesê: 2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? 3 Gord dan soos ‘n man jou heupe – dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My].

God beskryf dan die wonderbaarlike maniere waarop Hy die heelal geskape het, insluitend die diere, oseane en die hemele en Hy vra of Job teenwoordig was toe Hy al hierdie dinge geskape het? Job kom uiteindelik sy dwaasheid agter en hy word te angsbevange om verder te praat: [Job 40:3 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 4 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond] en ook [Job 42:3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie].

Nou as ons vir ‘n oomblik kan vergeet om godsdienstig te probeer wees en net bietjie logies dink: As iemand sou praat van dinge wat hulle nie verstaan nie, wat is hulle eintlik besig om te doen? Hulle praat nonsens! Job was besig om nonsens te praat! Hy het dit selfs ‘n paar maal erken! (sien weer Job 42:3 hier bo). Ons kan daarom, soos Job, nie vir God daarvan beskuldig dat Hy ons straf, dat Hy moeilikhede in ons lewens toelaat, van ons steel of enige iets soorgelyks doen nie omdat ons besig sou wees om nonsens te praat. Ons Vader is ‘n goeie God en ‘n gewer van goeie dinge: [Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie].

As enige iemand meen dat hulle deur ‘n “Job-ervaring” gaan, maar nie aan die anderkant met dubbel soveel rydom en seëninge uitkom soos waarmee hulle ingegaan het nie, dan is hulle nie besig om te ervaar wat Job ervaar het nie, maar is in werklikheid besig om eerstehands te ervaar hoe dit voel om besteel te word deur die satan: [Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê]. Hierdie is die enigste twee werksbeskrywings in die Bybel – dit vir ons om te besluit wie is eintlik verantwoordelik vir wat…

In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Afgewaterde Wet

05.01.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Afgewaterde Wet

In alle eerlikheid, diégene wat steeds kies om onder die Ou Testamentiese Wet te leef is eintlik besig om in elk geval te leef onder ‘n “afgewaterde” weergawe, en dit het betrekking op ALMAL op die planeet wat onder die Wet wil leef, insluitend die Jode. Dit is omdat die Ou Testamentiese Wet, opgeteken in die eerste 5 boeke van die Bybel, baie spesifieke instruksies bevat het rakende die ritueel offers en ‘n morele leefwyse, asook die straf vir ongehoorsaamheid daaraan.

Selfs as die Joodse tempel herbou en die ritueel diere-offers weer ingestel sou word, sal geen persoon op die planeet ooit deur hulle eie vlak van wetsonderhouding geregverdig kon word nie volgens die Bybel: [Rom 3:20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde] en ook [Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet].

Die vereistes van die Wet is in werkliheid baie strenger as wat geglo word deur mense wat dit probeer onderhou. Die grootste probleem om volgens die Wet te probeer leef is dat iemand nie kan kies en keur watter wette hulle wil gehoorsaam en watter nié. Die Wet is ‘n saamgestelde eenheid – deur selfs die kleinste een te breek maak dit ‘n person skuldig aan die hele Wet: [Jak 2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. 11 Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword]. Daarom is die persoon wat skuldig bevind word aan selfs die kleinste oortreding (soos om ‘m leun te vertel) ook strafbaar met dieselfde straf as iemand wat ‘n verskriklike misdaad gepleeg het (soos moord). Nou wie in hulle gesonde verstand wil deur so standaard geoordeel word?

Die Wet was nie net beperk tot die 10 Gebooie nie. Nadat God aan Israel die 2 klip tablette gegee het by die berg Sinai, het hy aan Israel ‘n total van 613 wette gegee (opgeteken van Eksodus tot Deuternomeum) wat hulle tot die laaste letter moes uitvoer, of in gevaar sou staan van erge straf. Kom ons kyk na ‘n paar van hierdie wette, met die volgende in gedagte: Enige iemand wat steeds eis dat ons volgens die Ou Testamentiese Wet moet leef, maar nie al hierdie dinge tot op die laaste letter uitvoer nie, is skuldig aan die hele Wet. Baie mense stry dat slegs sekere dele van die Wet steeds geld omdat die ander gedeeltes slegs as rituele beskou word. Jesus het dit egter duidelik gemaak dat ons nie ‘n enkele letter van die Wet kan wegvat nie: [Matt 5:18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie]. Kom ons kyk na daai wette:

[Lev 15:16-20 En as daar van ‘n man ‘n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein. 18 En wat die vrou aangaan met wie ‘n man vleeslike gemeenskap het altwee moet ‘n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees. 19 En as ‘n vrou ‘n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees. 20 En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees]. Nou as mense wat steeds eis dat ons volgens die Wet moet leef, nie hulself isoleer vir 7 dae gedurende die bogenoemde toestande nie, dan is hulle skuldig omdat hulle die Wet gebreek het. Hier is nog een:

[Lev 11:2b Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is. 3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet. 4a Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: 7 (ook) die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle]. Daar gaan daai lekker Engelse ontbyt met kraaklekker spek (bacon).

[Lev 11:9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet. 10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is ‘n gruwel is dit vir julle]. Daar gaan kalamari by die venster uit!

[Lev 24:16a En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig]. Wanneer laas het ons iemand gestenig omdat hulle God se naam ydellik gebruik het?

[Num 15:27 En as ‘n enkele siel in swakheid sondig (die Engelse vertaling sê “sin in ignorance” of “sin unintentionally”), moet dié ‘n jaaroud bokooi as sondoffer bring]. Wat van al die kere wat ons vergeet het om vir die armes te gee, nagelaat het om ons tiendes te gee (want ons het vergeet om geld kerk toe te bring), skottelgoed gewas het op die Sabbat, ens?

[Num 15:32 En toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle ‘n man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaarmaak. 33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele vergadering gebring. 34 En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie. 35 Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.]. Nogsteeds geïnteresseerd in daai skottelgoed? Wat van inkopies doen op die Sabbat?

Die waarheid is dat vir ‘n gelowige het die Wet geëindig. Paulus het geskryf oor hoe sy hart verlang het vir die Israeliete wat steeds prober het om volgens die Wet te leef, selfs nadat Christus vir hulle gesterf het (en dieselfde is vandag nog op mense van toepassing wat onder die Wet wil leef): [Rom 10:1 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2 Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig (deur steeds aan die vereistes van die Wet te probeer voldoen), het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie (die geregtigheid van God word slegs bekom deur geloof). 4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo] (kommentaar my eie). Ons ontvang saligheid en God se geregtigheid nie deur volgens die Wet te prober leef nie, maar deur in Christus te glo!

[Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding].
In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Wanneer het die Ou Testament Geëindig? (deel 2)

04.15.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Wanneer Het die Ou Testament Geëindig? (deel 2)

‘n Testament of wil kom slegs in krag wanneer iemand sterf. In werklikheid kan die begunstigde nie erf terwyl die testator (die person wat die testament opgestel het) nog leef nie. [Heb  9:16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17 want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie]. Nou oorweeg die volgende: Gedurende die 30 jaar of sò wat Jesus op die aarde geleef het en die 3 jaar wat Hy bedien het voordat  Hy gesterf het, onder watter Testament het Hy geleef? Onder die OU Testament natuurlik! Hy was steeds lewendig en en ons het sopas in die vorige 2 verse gesien dat ‘n testament nie in werking tree terwyl die prsoon wat dit opgestel het steeds leef nie. [Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet]. So indien iemand eis dat hulle steeds die Ou Testamentiese Wet moet gehoorsaam omdat Jesus dit gedoen het, wel Jesus moes dit gehoorsaam want Hy is onder die Ou Testament gebore en Hy moes dit vervul!
Die kruisiging en dood van Jesus Christus is beskryf in Matt 27, Mark 15, Luk 23 en Joh 19. As ons byvoorbeeld die boek van Matteus vat en ons sien dat hoofstuk 27 die plek was waar die Nuwe Testament in werking getree het (want dit is waar Jesus gesterf het), impliseer dit dat alles voor Matt 27 Ou Testament was want die Nuwe Testament was nog nie in plek gestel nie! Daarom volgens wettige geldigheid begin die Nuwe Testament eintlik eers in Matt 27 (en Mark 15, Luk 23 en Joh 19). Alles voor hierdie hoofstukke is OU TESTAMENT.

Tydens Sy tyd op aarde het ons nooit vir Jesus die evangelie van die Koninkryk sien preek aan enige iemand anders as die Jode nie, want Hy was steeds onder die Ou Testament en Hy was nie toegelaat om enige van Israel se erfenis te deel met nie-Joodse mense nie. Een maal sien ons egter vir Jesus buite die grondgebied van Galilëe reis en Hy was voorgekeer deur ‘n Kanaänitiese vrou wat nie ‘n Jood was nie:

[Matt 15:21-28 En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek. 22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af].
Wat die vrou in werklikheid gesê het was die volgende: “Here indien daar enige iets oorskiet van die seëninge van Israel, help my asseblief!” En deur geloof is hierdie vrou toe ingevoeg in die Nuwe Verbond voordat dit nog eintlik tyd was vir die Heidene om erfgename te word! Ons sien ook ‘n paar ander soortgelyke voorbeelde in die Bybel soos Ragab die prostituut wat die verspieders weggesteek het in Jerigo, Rut die Möabiet, Naaman die Assiriër wat genees is van melaatsheid nada thy homself sewe maal in die Jordaan gaan was het op opdrag van Elia, ens. Deur geloof het hierdie mense tyd vooruitgeloop en hulle erfenis ontvang lank voordat dit eintlik hulle tyd was.

So as die Nuwe Testament by Golgota begin het met die dood van Jesus (onthou Heb 9:16-17 bo), moet dit beteken dat die Ou Testament iewers voor dit gekanselleer moes gewees het. Ons vind ‘n profesie in hierdie verband gemaak deur die profeet Sagaria teen ongeveer 520 jaar voor Christus. Ons sal die storie vinnig deel en meng met die betrokke verse:

God was die skaapwagter van die skape (Israel) onder die Ou Testament. Hy het hulle opgepas met Sy staf genaamd “Lieflikheid” (en nog ‘n staf genaamd “Eenheid” of “Samebinding”). [Sag 11:7 En ek het die slagskape—waarlik ellendige skape! —opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas]. Die staf genaamd “Lieflikheid” het die verbond gesimboliseer wat Hy met Israel gesluit het. Die probleem met hierdie trop skape was egter dat hulle gedurig agter afgode aan gehardloop het en volgehou het in hulle rebellie teen hulle Oppasser. Nou het die Skaapwagter net mooi genoeg gehad en het hulle vertel dat Hy gaan bedank. [Sag 11:9 Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie—wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!]. Hy het ook versoek dat hulle Hom moes betaal vir die dienste wat Hy gelewer het, maar as hulle Hom nie wou betaal nie dan moes hulle dit los. [Sag 11:12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer]. En op die dag wat Jesus verraai was vir 30 silwerstukke deur Judas Iskariot, het God Sy staf gebreek en die verbond bëeindig wat Hy met Israel gemaak het. [Sag 11:10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek].
Indien ons na die konteks van Sag 11 kyk sal ons sien die “nasies” verwys slegs na Israel en Juda. [Sag 11:14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek].

Nou hier is ‘n regte juweel: Meer as 500 jaar voordat Christus verraai is, het die profeet Sagaria die volgende woorde gespreek: [Sag 11:13 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker—die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi].

30 Stukke silwer was die ooreenkomstige prys wat aan die eienaar van ‘n slaaf verskuldig was indien so ‘n slaaf beseer was terwyl hy vir iemand anders gewerk het. Dit was ook die pry swat Jesus voor verraai was deur Judas Iskariot. Daarom sien ons hoe God sarkasties sê hulle het ‘n “heerlike” prys vir Hom betaal. Die Seun van die mens was veraai vir die prys van ‘n beseerde slaaf! En dan sien ons die volgende gedeelte in Matt 27 (let op na die deel oor die “pottebakker”):

[Matt 27:3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge 4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! 5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang. 6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is. 7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge]. Sien Sag 11:13 weer (bo) – die profesie het selfs die pottebakker se veld beskryf!

Ons sien daarom dat die Ou Testament bëeindig is toe Jesus veraai is vir 30 stukke silwer en in die geestelike dimensie Sy staf gebreek het (wat Sy verbond met Israel gesimboliseer het). Maar alle lof aan God wat slegs ‘n paar uur later ‘n Nuwe Verbond in Sy eie bloed geskryf het, ‘n Testament wat al die nasies van die aarde ingesluit het en ons toegelaat het om kinders en erfgename te word deur geloof in die offer van Jesus Christus!
In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Wanneer Het Die Ou Testament Ge-Eindig? (deel 1)

04.03.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Wanneer Het Die Ou Testament Ge-Eindig?

Die Bybel spreek menigmale daarvan dat ons erfgename van God is, of dat ons ‘n erfenis of erfdeel ontvang het. Daar is nog vele ander verse as die voorbeelde hier onder:

[Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word].
[Kol 1:12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig].

Nou volg dit logies dat vir ons om erfgename van God te word, dat Hy ‘n testament moes gehad het wat gespesifiseer het dat ons van Hom sou erf. Die Bybel het slegs 2 Testamente, naamlik die Ou en die Nuwe Testament. Beide die Hebreeuse en Griekse woorde wat gebruik is in die Bybel vir die woord “testament” kan ook vertaal word as “verbond” (”covenant” in Engels). Wanneer die konteks te doen gehad het met verhouding, was dit vertaal as “verbond”. Wanneer die konteks egter oor erfenis gehandel het, is dit vertaal as “testament”.

G1242 ????????: dee-ath-ay’-kay
From G1303; properly a disposition, that is, (specifically) a contract (especially a devisory will): – covenant, testament.

Dit is algemene kennis dat wanneer ‘n persoon na sy prokereur toe gaan om ‘n nuwe testament op te trek of veranderinge aan sy huidige een aan te bring, dat die ou een ongeldig verklaar word. Op dieselfde manier het God Sy Ou Testament opgetrek, maar later ‘n nuwe een ingestel om dit te vervang! Ons sal binnekort na die skrifte kyk om dit te bewys.

In Gen 12, 15, 17 en 22 sien ons dat God die Ou Testament / Verbond met Abraham sluit. Dit is belangrik om te weet dat die ENIGSTE erfgename van hierdie Testament Abraham en sy nakomelinge in die vlees was, wat eers die Hebreërs genoem was, later bekend gestaan het as Israel en steeds later die Jode geword het. Die erfenis wat God aan hulle gegee het was die Beloofde Land, ‘n geografiese gebied bekend as Kanaän.
In kort was hierdie die hele Ou Testament. Nie die Filistyne, die Assiriërs, die Egiptenare of engie ander nasie het erfgename onder die Ou Testament geword nie, want ons sien hoe God menigmaal teen hierdie nasies optree ten gunste van Israel – die enigste nasie wat ‘n erfdeel ontvang het onder die Ou Testament. Abraham en ook later Moses het die middelaars geword van die Ou Verbond wat gesluit is tussen God en die nasie van Israel. God het aan hulle die Wet gegee wat die Ou Verbond bekragtig het en in stand gehou is deur die blood van diere-offers: [Heb 9:18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie; 19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het].

In Heb 9 sien ons ‘n skril kontras wat getrek is tussen die bloed van diere (wat in wese die Ou Verbond in stand gehou het) en die bloed van Jesus, die geestelike “dier” (al ooit gewonder hoekom Jesus die Lam van God genoem is?) wat geoffer is as ‘n perfekte eens-vir-altyd prys vir sonde: [Heb 9:13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, 14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien?]. En ook [Heb 10:11  En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en  dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; 12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God 13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. 14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word].

Later in Gal 3 sien ons dat God ‘n Nuwe Testament gemaak het wat al die nasies van die aarde ingesluit het by die verbond wat God met Abraham gemaak het: [Gal 3:16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus] en ook [Gal 3:28  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename]. Op geen plek in die Ou Testament was daar ooit ‘n bevel aan Israel gegee om die evangelie te preek en dit te versprei na enige ander nasie op aarde nie, want slegs Israel was erfgename on die Ou Testament. Maar onder die Nuwe Testament in Matt 28:19 sien ons Jesus Sy disssipels uitstuur om die Evangelie uit te dra na al die nasies op die aarde. Jesus het die middelaar geword van ‘n Nuwe Verbond, en het dit in Sy eie bloed geskryf (nie die bloed van diere nie): [Heb 9:15 En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang].

In Genade
Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark

Misverstane Bybel Terminologie deel 2

03.05.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Beoefen Wetteloosheid of Ongeregtigheid

Om op te volg op ons laaste boodskap, ons het gesien dat baie verse en Bybel “konsepte” in die Nuwe Testament (veral uit die briewe van 1 – 3 Johannes) in die  verleede gemisinterpreteer is en gebruik is as ‘n sweep om die liggaam van Christus terug onder die Wet in te slaan. In hierdie boodskap sal ons voortgaan om hierdie argumente te verslaan met waarheid uit die Woord.

In Matteus 7 het Jesus presies dieselfde terminologie gebruik as Johannes, met verwysing na mense wat “wetteloosheid beoeofen”. Hy het hulle bevel om weg te gaan van Hom af want Hy het hulle nooit geken nie. Nou om “wetteloosheid te beoefen” mag dalk klink soos iets wat ‘n persoon veronderstel is om te DOEN, maar kom ons kyk na die konteks. In Matt7:15 waarsku Jesus oor die valse profete wat in skaapsklere sou kom en verder in vers 21 praat hy nogsteeds oor hierdie selfde mense. Ons sal kyk na die hele teks hier sodat die skeptiese mense vir hulleself kan sien: [Matt 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken]. Hierdie verse verwys spesifiek na die feit dat ongelowiges nie die vrugte van die Gees kan manifesteer nie want hulle het nie Heilige Gees wat binne-in hulle leef nie. Hulle mag dalk op ‘n beleefde, vriendelike manier optree, maar hulle harte bly steeds korrup en sondig. Daarom verwys Jesus na hulle as “roofsugtige wolwe” aan die binnekant. Let op dat Jesus in die volgende verse steeds met dieselfde mense praat:

[Matt 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!].

In vers 21 sê Jesus dat “hy wat die wil van die Vader doen” sal die koninkryk van die hemele ingaan. Nou byt net bietjie vas deur die volgende paragraaf – dit mag dalk effens deurmekaar klink, maar ons sal alles bymekaar bring aan die einde.
Elders het Jesus ook die volgende gesê: [Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie]. Hier het Jesus verwys na die 2 verskillende geboortes (natuurlik en geestelik) van enige mens wat die koninkryk van die hemele binnegaan – eerstens word hulle gebore uit die water van hulle moeder se buik (Hy was nie besig om te praat van water-doop nie, want in vers 6 praat Hy spesifiek oor om uit die “vlees” gebore te word, wat beteken om in hierdie wêreld gebore te word) en tweedens word hulle gebore in die gees, beter beken as “wedergeboorte”. Nou wat leer die Bybel ons oor om wedergebore te word? [Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding].
Weereens wil dit “voorkom” of ons ‘n teenstrydigheid het: In Matt 7:21 sê Jesus dat wieookal die wil van die Vader DOEN sal die koninkryk van die hemele binnegaan, maar uit Joh 3:5 en Rom 10:9-10 kan ons tot die gevolgtrekking kom dat dat wieookal in Jesus GLO sal die koninkryk binnegaan. Die volgende vers maak dit baie duidelik wat dit beteken om die werke van God te doen: [Joh 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het]. Soos vantevore kan ons sien dat hierdie uitdrukkings, selfs al kom dit voor of hulle impliseer dat ons een of ander eksterne werk moet doen, dit in werklikheid verwys na ‘n daad van geloof; om ons vertroue in Jesus Christus te plaas. Dit is wat dit beteken om die wil van die Vader te “doen”.

Dan in Matt 7:23 (bo) beveel Jesus diégene wat “ongeregtigheid werk” om weg te gaan van Hom af. Hier verwys Hy weereens na die ongereddes, net soos wat Johannes verwys het na mense wat “wetteloosheid doen”: [1 Joh 3:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. 5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie]. Jesus het ook vir hierdie mense gesê: “Ek het julle nooit geken nie.” Kan dit enigsins duideliker wees dat hy wel na ongelowiges verwys het? Om wetteloosheid te doen beteken nie om die 10 Gebooie te breek nie.

Dit is daarom ook duidelik dat wanneer die Nuwe Testament verwys na mense wat “sonde doen” of “wetteloosheid werk”, dat dit nie dieselfde betekenis het as in die Ou Testament toe mense stees volgens die Wet geoordeel is nie. Die enigste sonde in die Nuwe Testament is om nie in Jesus te glo nie, soos wat ons ook voorheen gesien het toe ons gepraat het oor die “Onvergeefbare Sonde”.

Onderhou of Bewaar Gebooie

Kom ons slaan die finale spyker in die doodskis en bewys aan die aanhangers van die Ou Testamentiese Wette net hoé volledig die Genade van God voorsiening gemaak het vir ons menslike tekortkominge. Kom ons probeer om hierdie onderwerp saam uit te werk. As ons in gedagte hou wat ons geleer het oor mense wat “geregtigheid beoefen”, “waarheid doen” ens. is dit baie waarskynlik dat Johannes in hierdie geval ook na iets anders verwys as om die 10 Gebooie te onderhou wanneer hy sê dat ons “God se gebooie moet onderhou.” Hierdie een is in werkliheid ‘n groot gunstelling van diégene wat steeds preek dat ons moet leef volgens die Ou Testamentiese Wette. Kom ons kyk en sien wat Johannes regtig bedoel het:

[1 Joh 2:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie]. Ook in ander verse spreek die apostel Johannes hierdie selfde onderwerp aan en praat ook oor die voorgenoemde “bly in Hom” onderwerp (eie kommentaar in hakies):

[1 Joh 3:24 En hy
(‘n persoon) wat sy (God se) gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het]. Uit Paulus se brief aan die Efesiërs weet ons dat elke gelowige ontvang en word GESEEL met die Heilige Gees as ‘n waarborg dat hulle inderdaad gered is. [Ef 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand (waarborg) is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid]. Ons kan daarom sien dat gelowiges die Gees as ‘n waarborg van hulle redding ontvang en omdat Hy (die Gees) geseel word binne-in gelowiges sal Hy ook gevolglik by hulle “bly” en hulle by Hom. Lees nou weer 1 John 3:24 (bo) in hierdie konteks. Johannes sê baie duidelik dat wieookal die Heilige Gees het (‘n gelowige), so ‘n persoon onderhou ook God se gebooie. Watter “gebooie” praat hy van?

[1 Joh 3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons 'n gebod gegee het].

Wanneer die Goddelike natuur en karakter van die persoon van die Heilige Gees binne-in ‘n persoon bly, is ‘n natuurlike resultaat dat hulle sal begin verander in hulle uiterlike optrede. Mense sal ‘n verskil opmerk in die manier wat hulle lewe. Dit kan nie andersom gebeur nie – iemand wat op ‘n goedgemanierde manier optree kan nooit deur hulle goeie dade aan die binnekant verander word nie – hulle het eers nodig om die Heilige Gees te ontvang. Dit is presies wat die apostel Johannes van praat: Wanneer ons in God glo en wedergebore word, sal ons mekaar meer en meer liefhê as ‘n vrug van die Heilige Gees wat binne ons woon. Om God se gebooie dus te onderhou in die Nuwe Testament beteken om in Jesus te glo.

In ons volgende boodskap sal ons hierdie reeks afsluit oor “Misverstane Bybel Terminologie” en ‘n indiepte kyk neem na wat dit beteken om te ‘Wandel in die Lig”.

In Genade

Andre van der Merwe

  • Share/Bookmark